Baie geluk aan HS Brandwag van Kariega se 5 o. 18-seuns wat vir die O.P. Hoërskole se Cravenweek- en Akademie-rugbyspanne gekies is. Van links na regs staan Remy Heymans (Akademiespan-kaptein); Damian le Roux (Cravenweekspan); Angelo Adams (Akademiespan); Zandré van der Mescht (Akademiespan) en Lu-crain Muggels (Cravenweekspan). Die Cravenweek is hierdie jaar gedurende die Junie-skoolvakansieby HS Monument in Krugersdorp en die Akademietoernooi by Jeppe Boys High in Johannesburg.
