*Equipped Kragoptel Wêreldkampioenskappe 2023 Uitslae*
*Anika Maree, sub-junior, o/76kg*
Sy behaal ‘n algehele 3de plek plus 3de plek in die squat, bench press en deadlift afsonderlik. Hiervoor ontvang sy 4 brons medaljes.
Sy squat 145kg, bench press 72,5kg, deadlift van 135kg en totaal van 352,5kg.
Sy ontvang ook 2 nuwe SAa rekords, 10 Afrika rekords en 10 Statebond rekords.
*Chanté Mulder, sub-junior, o/69kg*
Behaal ‘n algehele 5de plek met ‘n squat van 130kg, bench press 85kg, deadlift 135kg en totaal van 350kg.
Sy wen ook ‘n brons medalje op die deadlift.
Verder ontvang sy ook 4 nuwe SA rekords, 14 Afrika rekords en 8 Statebond rekords.
*Stephené Loubser, sub-junior, o/69kg*
Behaal ‘n algehele 6de plek met ‘n squat van 107,5kg, bench press 57,5kg, deadlift 120kg en totaal van 285kg.
*Catinka Fourie, sub-junior, o/63kg*
Behaal ‘n algehele 5de plek met ‘n squat van 110kg, bench press 62,5kg, deadlift 120kg en totaal van 292,5kg.

