Brandwag het ’n sesde agtereenvolgende oorwinning oor Daniel Pienaar in die jaarlikse FNB Classic Clash aangeteken. Brandwag se eerstes het DP 26-10 verslaan met vier drieë teen een. Die wedstryd was ook Brandwag se tiende Classic Clash oorwinning in die elf wedstryde sedert 2008. Skrumskakel Octavian Muller het Brandwag se eerste drie gedruk in die eerste helfte. Daniel Pienaar het met ’n drie en ’n strafskop 10 punte in die eerste helfte aangeteken, maar kon geen punte in die tweede helfte aanteken nie. Brandwag se ander drieë is deur Gideon Serfontein, Dano Swart en Ryben Dupont gedruk. Dano het drie drieë verdoel. Die o.14A’s, o.16A’s en die tweede span het ook gewen terwyl die o.15A’s gelykop gespeel het.