Brandwag het vir die 2de agtereenvolgende jaar Die Burger se skole rugbykompetisie gewen deur 76-3 met Hoërskool Labori van Paarl af te reken. Brandwag ding mee in die afdeling vir medium-grootte skole. Die wedstryd, op Stellenbosch gespeel, was die laaste van die seisoen en Brandwag se grootste telling van die jaar. Brandwag se 1ste rugbyspan het ‘n baie suksesvolle jaar agter die rug, met oorwinnings oor onder meer Daniel Pienaar, Marlow, Framesby, St Andrews en Kingswood.