Brandwagters presteer by Statebondkampioenskap

Drie Brandwagters het aan die Commonwealth Classic & Equipped Bench Press-kampioenskap by Sun City deelgeneem.

Jana Fox neem deel aan die classic bench-press (borsopdruk) en wen ’n goue medalje.

Chanté Mulder neem deel aan die equipped bench press en wen ’n goue medalje. Sy ontvang ook die trofee vir die beste sub-junior dogter in die equipped bench press.

Ferde Botha neem aan die classic bench press deel en wen ’n goue medalje. Hy neem ook deel aan die equipped bench press en wen sy tweede goue medalje. Hy ontvang ook die trofee vir die beste sub-junior seun in die equipped bench press. 

Scroll to Top