Na ‘n frats-motorfietsongeluk in April het De Wet Bester se lewe aan ’n draadjie gehang. Sy ernstige kopbesering het dokters laat wonder of hy ooit weer sou wakker word. Dokters het gepraat van rehabilitasie van twee jaar. Nadat hy die hele tweede kwartaal gemis het, het De Wet in die derde kwartaal teruggekeer skool toe en sy rekordeksamen suksesvol afgelê. Hy is een van 180 Brandwag-matrieks wat die eindeksamen suksesvol afgelê het.