De Wet het die jaarlikse interlaer swemgala gewen. Die beste senior swemmers was Anike Grobbelaar en Erich Deysel. Die tweede beste senior swemmers was Marelé Stadler en Marcel Rademeyer. Die derde plekke het behoort aan Kayla-Lee McGregor en Gavin Hiscock.
Die beste junior meisie was Mieke van den Bosch. Chanté Swanepoel was tweede en Margaux Burger derde. Die beste junior seun was De Wit Stadler. Damien Koopman was tweede en Karlo Pretorius derde.
Die koshuis se swemmers het die aflos gewen.