Drie goues vir jong skopbokser

’n Graad 9-leerling van die Brandwag, Lanelle Carroll, het onlangs drie goue medaljes vir skopboks verower. Sy het dié prestasies behaal by ’n OP-toernooi wat in Uitenhage se binnenshuise sportsentrum aangebied is. Deelnemers van meer as twintig klubs het aan die toernooi deelgeneem. Aangesien dit ’n ope toernooi was, kon klubs van ander provinsies ook deelneem. Lanelle het haar goue medaljes gewen in die afdeling vir aanhoudende meedinging, in die punte-afdeling en in ’n afdeling waar sy saam met haar span meegeding het. Sy het ook ’n derde plek in ’n uitklop-afdeling behaal. Lanelle is ’n lid van die Fusion-skopboksklub in Uitenhage.

Scroll to Top