’n Graad 11-meisie van Brandwag het vanjaar reeds twee goue medaljes in boogskiet verower.
Celeste Crouse het by die Kwagga-boogskietklub se ope kompetisie in Januarie die eerste plek in die 2D-afdeling vir hoërskoolmeisies behaal. Haar telling was 281/300. Tydens dieselfde kompetisie het sy ook ’n telling van 270/300 in die 3D-afdeling aangeteken wat aan haar ’n silwermedalje besorg het.
In Februarie was Celeste ook die beste hoërskoolmeisie in 3D by die Port Alfred-klub se ope kompetisie. Haar telling van 271/300 het aan haar die goue medalje besorg.