Brandwag se 2015 Dux-Leerder is Elrike Hugo. Sy het ’n gemiddelde jaarpunt van 88,4% behaal en spog hier met die Christo van Rensburg-beker wat die graad 12 Dux-Leerder jaarliks ontvang. Elrike het ook die Brandwag-beurs ontvang. Sy het die beste prestasies behaal in Afrikaans Huistaal (84%), English First Additional Language (85%), asook meriete sertifikate vir Fisiese Wetenskap (85%), Rekeningkunde (87%), Lewenswetenskappe (91%) en Wiskunde (94%). Elrike was vanjaar Brandwag se hoofmeisie en ’n lid van die eerste hokkiespan totdat ’n besering haar deelname kortgeknip het. Sy beoog om volgende jaar B.Sc. aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer.