Ethan mag maar spel

S-P-E-L-L-E-R-S van regoor die land het in Desember aan ATKV-DigiSpel deelgeneem en hulle slag gewys op hierdie opwindende digitale platform.
Deelnemers het drie spelrondes aangedurf wat flitswoorde, veelkeusevrae en ‘n luister-en-spelvlak ingesluit het, waarin woorde soos “bontpootbosluis”, “roketslaai” en ultramarathon” hulle soms hoofbrekens besorg het.
Die topspellers is bepaal deur die hoeveelheid korrekte antwoorde wat hulle gegee het.
Indien twee spellers gelykop geëindig het, is die totale tyd waarin die antwoorde verskaf is, gebruik om die beter speller te bepaal.
Ethan Bothma van Die Brandwag Hoërskool in Kariega is aangewys as die wenner in die ATKV-DigiSpel se kategorie vir Afrikaanse Huistaal vir Graad 8- en 9-leerders.

Scroll to Top