Hokkie oorrompel Despatch

Brandwag se hokkiespanne het skoonskip gemaak teen Hoërskool Despatch en nie ’n enkele doel afgestaan nie. Dit was ’n rustige dag vir Brandwag se doelwagters. Die o.14A-span het ’n indrukwekkende 5-0 oorwinning behaal oor ’n gekombineerde o.14- en o.16-span van Despatch. Die o.16A’s en die eerste span het albei 4-0 gewen. Despatch se tweede span het onttrek.

Scroll to Top