Die Raad van Leerders vir 2016 is op 24 Augustus ingehuldig. André Conradie is Brandwag se nuwe hoofseun en Eliska Büchner hoofmeisie. Cuyler Janse van Vuuren is die onderhoofseun en Carol Drake die onderhoofmeisie.
Malan Olivier is die 2016 primarius by Hanekam en Riegal Lamont die onderprimarius. By Die Eike is Eliska Büchner die primaria en Carol Drake die onderprimaria en by Jakaranda is Erin Ferreira primaria en Nadia MacDonald onderprimaria.