’n Ondersteuningsfonds is gestig ten bate van Dano Swart.
Dano Swart (18) het ’n ernstige nekbesering opgedoen toe hy op 7 Mei 2019 aan OP-proewe deelgeneem het en word sedertdien in die hospitaal behandel. Hy maak stadig vordering maar is tans steeds in die waakeenheid.
Vóór sy besering was Dano onderkaptein van die eerste rugbyspan en het hy vanjaar reeds vir die tweede agtereenvolgende jaar as heelagter en gereelde stelskopper uitgedraf. Met Dano as kaptein het Brandwag se eerste krieketspan vanjaar ’n uitstekende seisoen gehad, veral danksy sy goeie bydraes met die kolf. Dano is ook ’n lid van die senior raad van leerders.
Maak gerus ’n bydra om ’n uitstaande jongman te help.
Naam: Dano Swart Ondersteuningsfonds NPC201925640508.
Bank: Nedbank
Takkode: 198765
Tjekrekeningnommer: 1190525437.
Enige finansiële bydrae moet asseblief in bogenoemde bankrekening inbetaal word.
Trustees is aangestel om die fonds te bestuur en Petrus van der Watt sal as ouditeur optree.
Vir die jongste nuus oor Dano se vordering besoek www.facebook.com/pg/BidvirDano.