Onderriggeld

‘n Verpligte eenmalige bedrag van R2000,00 is betaalbaar teen 31 Januarie 2019.

Tien maandelikse paaiemente van R1400,00 is teen die einde van elke maand betaalbaar.

U word verplig om by bogenoemde betaalwyse te hou, geen reëling ten opsigte van bonusmaande of uitgestelde betalings word aanvaar nie.
Indien u kwalifiseer vir vermindering sal u slegs verantwoordelik gehou word vir die bedrag ooreengekom.

Onderriggeld moet in ‘n toegeplakte koevert deur die kind aan die registeronderwyser gegee word.
Ons streef daarna om die skool ’n kontantvrye sone te maak. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik maak.
Geen vooruitgedateerde tjeks word aanvaar nie.

BUSVERVOER:

Despatch: R250 x 10 paaiemente (Januarie – Oktober) = R2500,00 per jaar.
Onthou: Leerling moet seker maak dat die korrekte kwitansie die volgende skooldag ontvang en bewaar word. Busvervoer sluit die laatmiddag vervoer vir leerders wat aan sport deelneem, in.

Algemene Busvervoer: Om hoë petrolkostes te bestry, word ’n geringe heffing vir vervoer gevra. Vir afstande onder 50km is die betaling R20 per leerder, vir 50km tot 150km is die heffing R20 en R50 vir afstande van meer as 150km. Slegs die afstand van die bestemming word in ag geneem.  Leerders betaal dus, byvoorbeeld, R20 vir ’n rit na Port Elizabeth en terug al is die totale afstand heen en weer meer as 50km.

 

 

 

KOSHUISGELD:
Die volgende metodes van betaling van koshuisgeld is vir u gerief:
1. Dagopsie: R950 per maand oor tien maande (Januarie tot Oktober).
2. Voltyds/Inslaap: R2850 oor tien maande (Januarie tot Oktober).

 

Vir u gerief kan gelde in die toepaslike skoolrekening inbetaal word:

 

SKOOL- EN/OF BUSGELD KOSHUISGELD
NEDBANK UITENHAGE NEDBANK UITENHAGE
TAKKODE 1263-17-00 TAKKODE: 1263-17-00
REKENING NR. 1263-055303 REKENING NR. 1263-055281

 

Faks bewys van betaling t.o.v. albei rekeninge na: 041 922 7354

Verwysing: Kind se volle naam en van.

 

Leave a Reply

Scroll to Top