Kragoptel uitslae

Anika Maree en Chanté Mulder het weereens puik presteer by die SA Equipped Kragoptel. Hierdie twee leerders beweeg behoorlik van krag tot krag!

Anika Maree neem deel aan die onder 76 kg sub-junior equipped kragoptel. Sy verbeter die huidige SA rekord in bench-press en stap met die goue medalje en titel as SA kampioen weg ten spyte van ’n rugbesering.

Chanté Mulder neem aan die onder 69 kg sub-junior en junior divisie deel. Sy verbeter die volgende SA rekords: die squat-rekord van 140 kg vir beide ouderdomsgroepe; die bench press van 90 kg vir beide ouderdomsgroepe; die deadlift-rekord in die sub-junior groep; asook die rekords in beide ouderdomsgroepe vir ’n totaal van 370 kg.

Beide Anika en Chanté kwalifiseer vir die SA span.

Scroll to Top