Skip to content
- Die Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie word jaarliks in die eerste kwartaal aangebied.
- Die kompetisie is ´n glansgeleentheid wat gewoonlik in die Uitenhage Binneshuise Sportsentrum gehou word.
- Mnr. en Mej. Brandwag is bekend vir uitstaande choreografie en aanbieding.
- Belangstellendes word tydens onderhoude deur ´n paneel gekeur voordat hulle op die aand kan deelneem.
- ´n Streng keuringsproses vind ook plaas om twee aanbieders aan te wys.
- Die wenners, eerste prins en prinses en tweede prins en prinses (junior en senior) verteenwoordig Brandwag by Mnr. en Mej. Oos-Kaap Senior en Junior.
- Brandwag is die afgelope nege jare elke keer by Mnr. en Mej. Oos-Kaap aangewys as die skool met die beste produksie.
- By elke kompetisie word ´n debutant aangewys.
- Deelnemers stem vir hulle keuse om Mnr. en Mej. Persoonlikheid aan te wys.