Brandwagters gee om vir die gemeenskap en Interact is gevolglik een van die gewildste verenigings in die skool.
Interact is ´n internasionale diensorganisasie van die Rotariërs vir jong mense tussen 12 en 18 jaar.
Interact word bedryf volgens die organisasie se internasionale grondwet.
´n Bestuursraad, president en onderpresident word jaarliks demokraties verkies.
Onderhoude word ook jaarliks gehou vir die aanstelling van nuwe lede.
Brandwag se Interact-klub loods jaarliks verskeie projekte.
Interact ondersteun jaar die Kankervereniging met ´n muntinsameling wat elke jaar meer geld inbring.
Interact het ook verskeie ander projekte soos die insameling van nie-bederfbare kos en speelgoed, besoeke aan kindersale by hospitale, werksaamhede by sopkombuise en nog vele meer.
We must use time wisely and forever realise that the time is always ripe to do right.