Liam Vosloo van Brandwag het onlangs as ’n individuele inskrywing aan die Hoërskool Outeniqua se Kwagga Top-10-atletiekbyeenkoms in George deelgeneem. Ongeveer 1100 atlete het deelgeneem. Liam het sy agterdyspier (hamstring) in Februarie vanjaar sleg geskeur. Dit het hom vir die grootste deel van die sportseisoen verhoed om aan atletiek of rugby deel te neem. Bogenoemde atletiekbyeenkoms was Liam se 1ste sportdeelname sedert sy besering. Hy vaar uitstekend en behaal ’n puik afstand van 6,36 m in die seuns o. 16 verspring. In die 110 m hekkieswedloop vir seuns o. 16 wen hy die bronsmedalje. Dit is uitstekend vir n 1ste wedloop na soveel maande se rehabilitasie. Ons is trots op Liam en baie bly hy kan nou weer vryelik oefen en deelneem!
