Lourens skitter in wiskunde

’n Graad 8-leerling van Brandwag, Lourens Preller, het onlangs aan die derde ronde van die nasionale Wiskunde Olimpiade deelgeneem. Lourens was een van slegs vier leerlinge in die Oos-Kaap wat gekies is om aan die derde ronde deel te neem en net twee uit die vier Oos-Kapenaars wat gekies is, is in graad 8.

Scroll to Top