Brandwag se matriekklas van 2018 het ’n 100%-slaagsyfer opgelewer, maar dis nie al nie.
Die 138 uit 138 matrieks wat in 2018 by Brandwag geslaag het, is die grootste matriekklas in die Oos-Kaap met ’n 100%-slaagsyfer.
Die tweede grootste skool met 100% is Collegiate Girls High (135 matrieks) en Clarendon Girls High (132 matrieks).
Brandwag se matrieks het ’n klasgemiddeld van 62% behaal en 88,1% van die matrieks het toelating tot graadstudie verwerf. Die matriekklas het altesaam 138 A’s opgestapel.
Die vyf toppresteerders het almal gemiddeldes bo 85% en elk minstens ses onderskeidings behaal. Die toppresteerder is Chanri Strydom met sewe onderskeidings. Verder het Kyla Minette Steyn, Ané Strydom, Luan van Loggenberg en Stefan Strydom elk ses onderskeidings.
Wat verder merkwaardig is van Brandwag se akademiese uitslae in 2018, is dat 100% van die graad 11’s ook deurgekom het. Die skool, in geheel (alle leerlinge van graad 8 tot 12), het ’n algehele slaagsyfer van 99% behaal.