Minke haal ATKV-redenaars finaal

Brandwag se voorste junior redenaar, Minke Colling in graad 9, het die eerste plek behaal in die semifinaal van die ATKV-redenaarskompetisie wat onlangs by Hoërskool Outeniqua op George gehou is. Met dié eerste plek het Minke haar pad oop geredeneer na die finale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie wat in Augustus plaasvind. Minke is vroeër vanjaar ook as Brandwag se beste junior redenaar aangewys.

 

Scroll to Top