Mnr. & Mej. Brandwag aangewys

 

Vyftig deelnemers het hulle passies op die loopplank uitgestal tydens die Brandwag se jaarlikse Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie.

Gail Brown, van Sophisticate Models, het vanjaar vir die twintigste keer haar kundige hulp verleen en weereens vir asemrowende choreografie gesorg.

Eindelik is Steven Buchner en Tarien Lombard as Mnr. en Mej. Brandwag aangewys. Die eerste prins en prinses was Dano Swart en Bianca Swanepoel en Ben-Martin Ferreira en Jade Perie was die tweede prins en prinses.

Jonathan Scheepers en Jana Potgieter is as Mnr. en Mej. Brandwag Junior aangewys. Die junior naaswenners was Ruben Barnard en Denise Grobbelaar.

Tayla Gouws en Schalk Erasmus was die aanbieders.

Scroll to Top