Hoërskool Brandwag se Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie het vanjaar selfs meer glans as gewoonlik gehad. As deel van die skool se tagtigste bestaansjaar is ’n groot klomp vorige wenners ook na die glansaand uitgenooi. Vanjaar se finaliste het dus die geleentheid gekry om die verhoog, vir ’n rukkie, te deel met ’n aantreklike groep oudskoliere.
Teen die einde van spoggeleentheid is Inge Fourie (sittende) as Mej. Brandwag aangewys en Anru Potgieter (middel, agter Inge) is Mnr. Brandwag 2017. Die eerste prins en prinses, aan die linkerkant, is Franco Jonker en Inge Ferreira en die tweede prinses en prins, regs, is Suzanne Meyer en Marlow Campher. Marlow is ook as Mnr. Persoonlikheid aangewys, terwyl Ironé Coetzee Mej. Persoonlikheid was.
Mnr. en Mej. Brandwag Junior is Nerisha Greeff en J.C. Vermaak (middel). Die eerste prins en prinses is Eaden Tait en Ané Heunis (regs) en die tweede prinses en prins is Juanette Viljoen en Ethan Douglas.