Na ’n indrukwekkende vertoning in die streekkompetisie is Nerisha Greef, ’n graad 10-leerder in Brandwag, genooi om deel te neem aan die nasionale uitdunne van die Talent Africa-kompetisie. Talent Africa is ’n kompetisie vir uitvoerende kunste en is gestig om op nasionale en internasionale vlak blootstelling te gee aan talentvolle jongmense. Nerisha is genooi om aan die nasionale uitdunne van die dans- en model-afdelings van Talent Africa deel te neem. Na afloop van dié uitdunne word ’n span gekies om Suid-Afrika op Broadway in New York te gaan verteenwoordig.