Brandwag se eerste netbalspan het 47-32 met hul eweknieë van Despatch afgereken. Alhoewel die wedstryd in die tweede kwart spannend was, het Brandwag mettertyd ‘n onuitwisbare voorsprong oor die skool van die buurdorp opgebou, wat gevorder het van 1 na 10 na 15 punte teen die einde van die wedstryd.
Op die foto spring een van Brandwag se twee SA-spelers, Robyn Titus, vir die bal.