Brandwag het vanjaar elf OP netbalspelers opgelewer. Dié spelers het gedurende die wintervakansie hul provinsie by verskeie toernooie verteenwoordig. Van links is Jamie-Lee Thys, Chanri Strydom, Cayla Colling, Anja de Beer, Martelize Kruger, Caryn-Ann Howard, Anneli Zietsman, Siba Nika, Mothira Mohammad, Crezelle du Plessis en Margo Kapp. Na afloop van hul deelname is Mothira vir die SA o.17-span gekies. Chanri was kaptein van die OP o.16A-span en Cayla kaptein van die OP o.16B-span. Die OP o.16A-span waarvan Siba, Caryn-Ann en Chanri deel was, het ’n bronsmedalje verwerf.