Oudskolierebond

Word lid van die Oudskolierebond

Die getroue ondersteuning en betrokkenheid van oudskoliere is van die grootste belang om Brandwag ´n trotse skool van voortreflikheid te hou. Oudskoliere wat met trots en dankbaarheid aan hul eie skooldae terug dink, behoort nie te huiwer om by te dra om die skool se voortgesette sukses te verseker nie.

Alle oudskoliere kan lede van Brandwag se Oudskolierebond word. Die Oudskolierebond reël jaarliks ´n reünie wat oor die laaste naweek in Augustus plaasvind. Sodoende kry oudskoliere die kans om weer saam te kuier en ou vriendskappe te hernieu.

Die oudskolierebond is egter nie net gemoeid met die reël van reünies nie, maar probeer ook om die skool se leuse U Dienswillige Dienaar uit te leef deur diens- en finansiële bydraes waar moontlik.

Die oudskoliere help die skool byvoorbeeld dikwels met die opgradering van geriewe en maak donasies vir, byvoorbeeld, sporttoere.

Jaarliks word talle leerders van Brandwag gekies vir O.P.-spanne in verskillende sportsoorte. Hierdie spanne ding nasionaal mee en leerders se ouers moet duisende opdok vir reis, verblyf en toerusting. Wat ´n eer vir ´n leerder is, word maklik vir die ouers ´n finansiële terugslag.

Ouers, leerders en onderwysers spandeer geweldig baie tyd en energie aan geldinsamelings sodat sportspanne toere en oefenklinieke kan bywoon. Die hulp wat oudskoliere bied, is ook hier van groot waarde.

Om ´n lid te word van Brandwag se Oudskolierebond:

Stuur in ´n epos jou naam, kontakbesonderhede en matriekjaartal aan kpienaar@brandwag.co.za. Die epos moet asseblief jou bewys van betaling van ledegeld insluit en jy moet asseblief aandui of jy die jaarlikse epos-nuusbrief wil ontvang.

Ledegeld is R50 per jaar vir die eerste vyf jaar na skool (om studente te akkomodeer) en R100 per jaar daarna. Meld asseblief u volle naam as verwysing by elektroniese inbetalings.

Bankbesonderhede:

Bank: Absa
Taknommer: 632005
Rekeningnommer: 1279 211 681
Rekeningtipe: Spaarrekening
Rekeningnaam: Die Brandwag Oudskolierebond

Leave a Reply

Scroll to Top