Altesaam tien rekords het vanjaar in die slag gebly by Brandwag se interlaer-byeenkoms. Merkwaardig, behoort 8 uit die 10 nuwe rekords aan graad 8-leerders.
Die graad 8’s wat Brandwag-rekords agter hulle name het, is Heike Groenewald (gewigstoot en diskus), Kaylee van Dyk (hekkies, 90 meter en 300 meter), Anika Ferreira (o.14 hoogspring en 90 meter hekkies), Jay-Dee Smit (300 meter hekkies) en Morné van der Berg (1 500 meter). Interessant genoeg het Anika, wat van die Patensie-omgewing is, tydens een van die uitdunne ’n ander Anika Ferreira van dieselfde omgewing se 1989-rekord verbeter – en sy ken “die tannie” wie se rekord dit was. Kort daarna het Kaylee egter in die finaal weer die rekord verbeter. Dieselfde o.14 90 meter hekkies rekord het dus twee keer op een dag gekantel.
Ander leerders wat ook Brandwag-rekords verbeter het, is Demi Jonck (spiesgooi) en Caryn-Ann Howard (hoogspring). Janique von Buchenroder het die 100 meter rekord geëwenaar.