Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se honde-eenheid beoog om op Saterdag 1 Maart die vernuf van hulle honde vir die publiek te demonstreer by die Anibrandfees op die terrein van die Hoërskool Brandwag.
Tydens die vertoning sal verskeie misdaadtonele nageboots word en polisielede gaan wys hoe hulle viervoetige kollegas onder meer dwelms en plofstof uitsnuffel. Die polisie sal ook rookgranate en loskruit-ammunisie (nie-lewendige rondtes) gebruik vir die demonstrasie.
Die vertoning begin om 12:00 op 1 Maart. Vir meer inligting besoek www.anibrandfees.co.za.