Meer as 14 000 mense het die 2014 Anibrandfees op die terrein van Hoërskool Brandwag bygewoon. Die fees het Donderdagaand (27 Februarie) afgeskop met DJ Ossewa se vertoning wat meer as 700 toeskouers gelok het. Saterdagaand (1 Maart) het die feestelikheid tot laat voortgeduur. Stalletjie-eienaars en kunstenaars was ewe tevrede met die organisasie en reëlings rakende die fees.
Die foto is die skare laat Saterdagmiddag.