| SLAAGVEREISTES VIR GRAAD 10 – 12 |
|
|
|
| Bevordering word gebaseer op 25% deurlopende evaluering en 75% summatiewe evaluering. Laasgenoemde is die punt vir die November-eksamen. |
|
| Geen kondonering is moontlik vir graad 10 tot 12 nie. |
|
|
|
| Die minimum slaagvereistes vir graad 10 tot 12 is as volg: |
|
- ´n Leerder moet minstens ´n kode 3 behaal in 3 vakke waarvan een ´n huistaal moet wees.
- ´n Leerder moet verder ten minste ´n kode 2 in 3 ander vakke behaal.
- In die sewende vak mag ´n leerder ´n kode 1 hê indien ´n volledige portefeulje vir die vak aangebied word.
|
|
|
|
| Prestasievlakke |
|
| Vlak 1: 0% – 29% |
|
| Vlak 2: 30% – 39% |
|
| Vlak 3: 40% – 49% |
|
| Vlak 4: 50% – 59% |
|
| Vlak 5: 60% – 69% |
|
| Vlak 6: 70% – 79% |
|
| Vlak 7: 80% – 100% |
|
|
|
|
|
| Ouers wat twyfel oor aspekte aangaande akademiese sake is welkom om Brandwag se akademiese hoof mev. Eerika Roux by akademie@brandwag.co.za te kontak. |
|