Juffrou Currie tree af


Michael Annies skenk Bok-trui
Brandwag word 86!
Atlete presteer voort!
17 Brandwag-atlete is gekies om 2-4 Maart die Metro te verteenwoordig by die Oos-Kaap-kampioenskap.
Janco Landman het die 2de hoogste ASA punte by die Metro behaal (906), asook ‘n nuwe rekord in die 1500 m hindernis opgestel.
Wiehan Maree het die 3de hoogste ASA punte (897) behaal en ook ‘n nuwe rekord in die 2000m hindernis opgestel.
Riaaz Dennis, Stephen Bothma, Keanu Welch, Henrico Louw, Liam Vosloo was onder die 20 beste seuns-atlete van die dag.
Chanté Mulder is as die 8ste beste meisie-atleet van die dag met 851 ASA punte gekroon.

Tennis op die wenpad

Vaughn Wehmeyer en Chanté Mulder het die Oos-Kaap o.19A span verteenwoordig by die Synergy Cup in Makhanda.
Chanté wen 8 uit 10 wedstryde en Vaughn 7 uit 10 wedstryde.
Brandwag is trots op Justine Barkhuizen.

Brandwag vaar uitstekend by Metro-atletiekbyeenkoms!

Krieket vs Despatch
Brandwag kolf eerste en teken 118 lopies aan in 25 boulbeurte.
Despatch kolf tweede en word uitgeboul vir net 51 lopies.

Atlete wen groot by disktriksbyeenkoms

119 van Brandwag se atlete het die naweek van 10 – 11 Feb aan die distriksbyeenkoms deelgeneem.
Ons verwerf:
50 goue medaljes
31 silwer medaljes
23 brons medaljes
65 atlete in 119 items dring deur na die Metro-byeenkoms op Saterdag 18 Februarie.
Welgedaan, Chanté!
Brandwag is trots op Chanté Mulder wat opgeneem is in drie Oos-Kaap spanne: ASA-atletiek, kragoptel en tennis!
‘n Uitstekende prestasie.

Juané van Zyl is puik op haar fiets

Juané van Zyl het puik gevaar in die Herald se MTB resies te Addo. Sy was eerste by die meisies o.17-afdeling en was algeheel sesde in die vroue-afdeling.
Opgraderings aan klasse
Brandwag het verskeie opgraderings aan onderwyser-hulpmiddels gedoen.
Elke klas in Brandwag het volledige hoë spoed internet, witborde en projektors.

Tennisspelers haal OP-span

Brandwag is trots op Vaughn Wehmeyer en Chanté Mulder wat opgeneem is in die o.19 Oos-Kaap-tennisspan.
Verskeie nuwe rekords is tydens Interlaer opgestel
Dewandré Witbooi, verspring seuns o.14 – 5,63 m
Christiano Brown, 1 500 m seuns o.15 – 4 min 27,0 sek.
Janco Landman, 1 500m hindernis seuns o.15 – 4 min 52,9 sek.
Nicolis Thysse, gewigstoot seuns o.16 – 16,23 m
Kara Fourie, 2 000 m hindernis dogters o.16 – 7 min 49,3 sek.
Wiehan Maree, 800 m seuns o.17 – 1 min 58,9 sek. Vorige rekord is in 1981 opgestel.
Keanu Welch, 1 500 m seuns o.19 – 4 min 13 sek. Vorige rekord is in 1984 opgestel.
Stephen Bothma, 3 000 m hindernis – 10 min 58,3 sek.

Junior Raad aangewys

Die volgende leerders is verkies tot die Junior Raad van Leerders:
Graad 11: Charissa du Plessis, Kristen Heyns, Telanie Kritzinger, Remy Heymans en Tiaan Meyer
Graad 10: Mirandé Filmater, Kara Fourie, Marné Koen, Derano Potgieter en Nicolis Thysse.
Kragoptel bult spiere by OK Classic
Brandwag se kragoptellers het puik presteer by die Oos-Kaap Classic- kragoptelkompetisie.
Pearl Bucwa, Catinka Fourie, Chanté Mulder, Deané Slabbert, Stephené Loubser, Anika Maree, Ferdé Botha en Stian Landman is gekies vir die Oos-Kaapspan wat in Potchefstroom aan die SA-kampioenskap gaan deelneem.

New York wink vir Remi en Lienke-Mari
Twee Brandwag-leerlinge, Remi Taljard en Lienke-Mari Strydom, is tans fluks besig met voorbereidings om in Junie by die International Modeling and Talent Association (IMTA) se byeenkoms in New York hul talent op die loopplank te wys.
Albei hierdie aspirant modelle het reeds in Januarie ’n voorbereidingskamp (bootkamp) in Johannesburg bygewoon waar hulle ’n voorsmakie van die gejaagde lewe van ’n model beleef het. Lienke-Mari is in graad 8 en doen reeds sedert 2018 modelwerk. Die eerste kompetisie wat sy gewen het, was 2021 se Ms E.C. Schools. Remi het verlede jaar met modelwerk begin en sommer toe ook sy eerste titel as Mr East Cape Teen ingepalm.

2022 se Toppresteerders aangewys

Ethan mag maar spel
S-P-E-L-L-E-R-S van regoor die land het in Desember aan ATKV-DigiSpel deelgeneem en hulle slag gewys op hierdie opwindende digitale platform.
Deelnemers het drie spelrondes aangedurf wat flitswoorde, veelkeusevrae en ‘n luister-en-spelvlak ingesluit het, waarin woorde soos “bontpootbosluis”, “roketslaai” en ultramarathon” hulle soms hoofbrekens besorg het.
Die topspellers is bepaal deur die hoeveelheid korrekte antwoorde wat hulle gegee het.
Indien twee spellers gelykop geëindig het, is die totale tyd waarin die antwoorde verskaf is, gebruik om die beter speller te bepaal.
Ethan Bothma van Die Brandwag Hoërskool in Kariega is aangewys as die wenner in die ATKV-DigiSpel se kategorie vir Afrikaanse Huistaal vir Graad 8- en 9-leerders.

Puik uitslae vir die klas van 2022

Brandwag se matriekklas van 2022 het die skool trots gemaak met hulle uitslae. Brandwag het ’n slaagsyfer van 96,6% en tien leerlinge het A-gemiddeldes behaal.
Die skool se toppresteerder is Suzelle Nel met sewe A’s en ’n gemiddeld van 91,7%. Suzelle gaan vanjaar B.Com rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Twee ander leerlinge, Anika Ferreira (88,2%) en Dené-Grete van Jaarsveld (85,4%) het ook elk sewe onderskeidings behaal. Lizanne Jacobs (81,7%) het ses A’s behaal, terwyl Wian van Wyk (85,1%), Heike Groenewald (84%), Jana Potgieter (81,2%), Anje Serfontein (80,85%) en Anke Nel (80%) elk vyf A’s behaal het. Hayley Bothma (81,1%) het vier onderskeidings behaal.
Mev. Enees Huisamen, Brandwag se Akademiese Hoof, is baie tevrede met die skool se uitslae en veral trots op Brandwag se slaagsyfer wat die hoogste in Kariega is.
Altesaam 63% van Brandwag se matrieks het geslaag met toelating tot graadstudie.