Brandwag se toppresteerder, Vian Schoombie, het die tweede plek in die Oos-Kaap behaal. Vian het sewe A’s en ’n gemiddeld van 93,7% behaal. Hy het, onder meer, 100% vir Ingenieursgrafika en Ontwerp, 98% vir Wiskunde, 97% vir Fisiese Wetenskap en 96% vir Rekeningkunde.
