Von Willigh blaas eindfluitjie

Mnr. Hennie von Willigh, al dekades lank ’n legende by Brandwag, het aan die einde van sy loopbaan as hokkie-afrigter gekom. Aangesien Von Willigh aan die einde van 2017 aftree, was sy span se laaste wedstryd teen Pearson ook sy laaste wedstryd as afrigter. Mnr. Von Willigh het vroeër Aardrykskunde as vak aangebied, maar later na Toerisme verskuif. Hy is tans al jare lank adjunkhoof en was ook lank sporthoof. Sy toewyding as Brandwag-onderwyser strek oor 4 dekades waarvan hy die afgelope 16 jaar by hokkie betrokke was. 

Scroll to Top