Yolandé wen silwer

Yolandé Willemse, in matriek, het haar skoolatliekloopbaan op ’n hoë noot afgesluit toe sy by die onlangse SA-Skolekampioenskap ’n silwermedalje verower het. Sy het vanjaar die eerste plekke behaal in die o.19-ouderdomsgroep vir gewigstoot en diskus by die OP-kampioenskap en haar provinsie by die SA-Skolekampioenskap in Polokwane en die SA-Junior Kampioenskap op Stellenbosch verteenwoordig. Gedurende haar vyf jaar op hoërskool het Yolandé nog elke jaar ’n medalje by die SA-kampioenskappe gewen. Sy het ook van o.14 tot o.19 elke jaar vir Brandwag ’n nuwe rekord in gewigstoot aangeteken.

Yolande Willemse resize

Scroll to Top