Die 2022 Oudskoliere Reünienaweek word vanjaar op die naweek van 5 Augustus aangebied. Dis ’n langnaweek wat oudskoliere die geleentheid gee om ’n bietjie langer te kom kuier.
Oudskoliere wat die 2020 en 2021 reünies as gevlog van die pandemie misgeloop het, is welkom om vanjaar by ons aan te sluit.
Al die jaargroepe kom Vrydagaand (5 Aug.) by die Deon Goosen Lapa byeen vir ’n steakbraai. Die koste per kaartjie is R130 (steak, slaai en ’n broodrolletjie) en kaartjies kan by Brandwag se ontvangs by 041 922 8188 bespreek word. Die onderskeie jaargroepe kan in spesifieke areas rondom die lapa en rugbyveld kuier terwyl hulle steeds naby aan die ander oudskoliere is.
Brandwag speel Saterdag 6 Aug. rugby, hokkie en netbal teen die Hoërskool Nico Malan. Op die dag sal daar ’n kermis wees met stalletjies waarby eet- en drinkgoed onder meer beskikbaar sal wees.
Na afloop van die rugby sal die vure weer brand. Oudskoliere kan hul eie kosmandjies of braaipakke bring en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Sameroepers van jaargroepe is welkom om met die skool kontak te maak vir skakeling oor die reëlings.