Brandwag Sport
Rugby
Klik hier om meer uit te vind
- Organiseerder: Mnr. G. Vorster
- Die Brandwag neem deel aan verskeie toernooie deur die jaar waar ons teen van die sterkste skole in die land speel. Jaarliks toer ons o.14 en o.15 rugbyspelers na George om aan die Outeniqua rugbyweek deel te neem. Ons o. 16 rugbyspelers het die voorreg om elke jaar teen van die grootste skole in die land te speel tydens die Frans Malherbe rugbyweek by Paarl Boys High.
- Ons 1ste rugbyspan is baie besig deur die jaar en is betrokke by toernooie en rugbyfeeste in Grahamstad (Graeme College), Riversdal (Oakdale), Oos-Londen (Selborne) en Port Elizabeth (Grey P.E.)
- Ons 1ste span staan as die “wolf pack” bekend en ons leuse is as volg:
- “The strength of the wolf is in the pack and the strength of the pack is in the wolf.”
Hokkie
Klik hier om meer uit te vind
- Organiseerder: Mev. C. Kilian
- Brandwag het ‘n ryke hokkietradisie. Ons is baie komperend en het al oor-en-oor bewys dat ons man kan staan teen gedugte teenstanders.
- 2 Hokkievelde (gras) en ‘n mini-astro waar spelers al die nodige vaardighede kan aanleer om mededingend te kan wees.
- Elkeen van die spanne word afgerig deur entoesiastiese en bekwame afrigters wat gegradeer is deur SAHA. Die afrigters woon gereeld kursusse by om hulle beter te bekwaam ten opsigte van afrigtingstegnieke en skeidsregting. Ons maak ook gebruik van studente as buite-afrigters.
Netbal
Klik hier om meer uit te vind
Organiseerder: Mev. K. Viljoen
Afrigters:
o. 14 A en B – Me. S. Engelbrecht en mev. K. Viljoen
o. 14 C en D – Mev. R. Ferreira
o. 15 A en B – Mev. E. van der Merwe
o. 15 C en D – Me. M. Pienaar
o. 16 A en B – Me. D. Marais en mev. K. Viljoen
o. 16 C en D – Mev. L. Niemand
o. 19 A en B – Me. M. Mohammad en mev. K. Viljoen
o. 19 C en D – Mev. A. Greyling
Krieket
Klik hier om meer uit te vind
Organiseerder: Mnr. A Gerber (seniors) & mnr. W. Shimmings (juniors)
Spanne en afrigters:
1stes – Mnr. R. Venter (buite)
2des – Mnr. R. Diedericks (buite) & mnr. E. van Heerden
o. 15A – Mnr. A. Gerber
o. 14A – Mnr. W. Shimmings
Meisies: Me. M. Griffiths (hoof) & mev. C. Killian (hulp)
Kragoptel
Klik om meer uit te vind
Organiseerder en afrigter: Mev. I. Maritz
Kragoptel is ‘n groeiende en gewilde sport by Brandwag waaraan sowat 25 leerders deelneem.
Oefeninge: Maandae tot Donderdae
Sessie 1 – 14:30-15:15
Sessie 2 – 15:15-16:00
Sessie 3 – 16:00-16:45
Oefensessies is spesifiek aangepas sodat leerders aan ander sportsoorte ook kan deelneem.
Skaak
Klik om meer uit te vind
Organiseerder: Me. K . Pienaar
Brandwag het ongeveer twee skaakspanne wat vanaf die tweede kwartaal wedstryde speel.
Oefeninge/afrigting is Maandae en Dinsdae van net na skool tot 15:30.
Tennis
Klik hier om meer uit te vind
Organiseerder: Mev. M. Crouse
Brandwag het twee seuns- en twee meisiestennisspanne.
- Oefentye: Maandae en Woensdae 14:30 – 16:00
Tennis speel regdeur die jaar en neem aan ’n winter- en somerliga deel.
- Wedstryde word op Dinsdae en Donderdae gespeel.
Atletiek & Landloop
Klik hier om meer uit te vind
Atletiek
Organiseerder: Mev. R. Landman
Hulporganiseerder: Mev. I. Maritz
Middelafstande: Mnr. B. Welch en mev. Landman
Naellope: Mnr. W. Benadie en mnr. W. Viljoen
Verspring: Mnr. H. Erasmus
Gewigstoot: Mev. R. Ferreira
Hoogspring: Mev. M. Crouse
Spiesgooi: Mev. E. van der Merwe
Skyfwerp: Mnr. H. Deetlefs
Landloop
Organiseerder: Mev. R. Landman
Afrigters: Mnr. B. Welch en mev. Landman
