Brandwag Sport

Rugby

  • Organiseerder: Mnr. W. Viljoen
  • Die Brandwag neem deel aan verskeie toernooie deur die jaar waar ons teen van die sterkste skole in die land speel. Jaarliks toer ons o.14 en o.15 rugbyspelers na George om aan die Outeniqua rugbyweek deel te neem. Ons o. 16 rugbyspelers het die voorreg om elke jaar teen van die grootste skole in die land te speel tydens die Frans Malherbe rugbyweek by Paarl Boys High.
  • Ons 1ste rugbyspan is baie besig deur die jaar en is betrokke by toernooie en rugbyfeeste in Grahamstad (Graeme College), Riversdal (Oakdale), Oos-Londen (Selborne) en Port Elizabeth (Grey P.E.)   
  • Ons 1ste span staan as die “wolf pack” bekend en ons leuse is as volg:
  • The strength of the wolf is in the pack and the strength of the pack is in the wolf.”

Hokkie

  • Organiseerder: Mev. C. Kilian
  • Brandwag het ‘n ryke hokkietradisie. Ons is baie komperend en het al oor-en-oor bewys dat ons man kan staan teen gedugte teenstanders.
  • 2 Hokkievelde (gras) en ‘n mini-astro waar spelers al die nodige vaardighede kan aanleer om mededingend te kan wees.
  • Elkeen van die spanne word afgerig deur entoesiastiese en bekwame afrigters wat gegradeer is deur SAHA. Die afrigters woon gereeld kursusse by om hulle beter te bekwaam ten opsigte van afrigtingstegnieke en skeidsregting. Ons maak ook gebruik van studente as buite-afrigters.

Netbal

Organiseerder: Mev. C. Swift
Afrigters:
o. 14 A en B – Mev. E. van der Merwe en Mev. K. Viljoen
o. 14 C en D – Mev. R. Ferreira
o. 15 A en B – Me. M. Geyer
o. 15 C en D – Mev. L. Olbe
o. 19B, C en D – Mev. A. Greyling
o. 16 A,B en o. 19 A – Mev. C. Swift

Krieket

Organiseerder: Mnr. B. O’Neill
Spanne en afrigters:
1stes – Mnr. W. Shimmings & mnr B. O’Neill
⁠2des – Mnr. G. Vorster
o. 15A – Mnr. R. Venter
o. 14A – Mnr. A. Gerber

Kragoptel

Organiseerder en afrigter: Mev. I. Maritz 

Kragoptel is ‘n groeiende en gewilde sport by Brandwag waaraan sowat 25 leerders deelneem. 

Oefeninge: Maandae tot Donderdae

Sessie 1 – 14:30-15:15
Sessie 2 – 15:15-16:00
Sessie 3 – 16:00-16:45

Oefensessies is spesifiek aangepas sodat leerders aan ander sportsoorte ook kan deelneem. 

Skaak

Organiseerder: Me. K . Pienaar

Brandwag het ongeveer twee skaakspanne wat vanaf die tweede kwartaal wedstryde speel. 

Oefeninge is Dinsdae van net na skool tot 15:30 in die Diner. 

Tennis

Organiseerder: Mev. M. Crouse

Brandwag het twee seuns- en twee meisiestennisspanne.

  • Dogters oefen Maandae: 14:15- 15:30 
  • Seuns oefen Woensdae: 14:15- 15:30

Tennis speel regdeur die jaar en neem aan ’n winter- en somerliga deel.

  • Wedstryde word op Dinsdae en Donderdae gespeel. 

Atletiek & Landloop

Atletiek

Organiseerder: Mev. R. Landman

Middelafstande: Mnr. B. Welch en mev. Landman

Kortafstande: Mnr. K. Welch

Verspring: Mev. L. Olbe

Gewigstoot: Mev. R. Ferreira

Hoogspring: Mev. M. Crouse

Spiesgooi: Mev. Elmé van der Merwe

Skyfwerp: Mnr. W. Benadie

Landloop

Organiseerder: Mev. R. Landman
Afrigters: Mnr. B. Welch en mev.  Landman

 

Die Band van Grys en Groen

Scroll to Top