Kultuur by Brandwag

Brandwag blink uit op die gebied van kultuur. Leerders het die geleentheid om aan ’n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite deel te neem.  Die skool bied jaarliks ’n kultuuraand aan.

Kultuurhoof: Mev. J. Snyman

ATKV

Skakelonderwyser: Mev. L. Radien

Brandwag se ATKV-tak heet die ATKV Jeugklub Dinamika.

Die Afrikaanse Taal- en  Kultuurvereniging (ATKV). Hier probeer die Afrikaanse kultuur aan die lewe hou, deur ons jaarlikse deelname aan die Woorde Open Wêrelde (WOW-Spelkompetisie). Kom wees deel van ons span en vind uit wat meer ons bied.

DBV-klub

Skakelonderwyser: Mev. N. Smith

Die missie van Brandwag se DBV-klub is om dierewelsyn te bevorder deur bewusmaking en bydrae aan diere in nood. Die klub streef daarna om ’n veilige liefdevolle omgewing vir diere te skep deur met die Dierebeskermingsvereniging saam te werk. Lede samel donasies in en doen vrywillige werk vir die DBV. Die klub glo selfs diere vorm deel van die band van grys en groen.

Die klub het ongeveer 48 lede.

Harte vir diere, hande vir hulp!

Debat

Skakelonderwyser: Mev. K. Viljoen

Brandwag se debatspanne oefen tans om deel te neem aan die ATKV se debatskompetisie. 

Drama

Skakelonderwyser: Mev. N. Edwards

Die Brandwag Dramaklub is gevestig om leerders die kans te gee om hulself in die uitvoerende kunste uit te druk. Lede van hierdie klub leer waardevolle vaardighede aan wat hul nie net op die verhoog help nie, maar ook in hul daaglikse lewens.

 

Drama leer leerders om op hul voete te dink, mense se emosies raak te sien en om op ‘n gepaste wyse daarop te reageer, asook vaardighede om hulself kreatief uit te leef. Drama is nie net vir die leerder wat spontaan en uitbundig is nie, maar is juis ook daar om belangrike lewensvaardighede vir die skaam kind te leer.

 

Een van ons grootste suksesverhale is van ‘n leerder wat in graad 9 by die Dramaklub aangesluit het. Tydens die eerste oefening kom sy amper nie twee woorde uitkry nie en was sy stokstyf en ‘n jaar later het sy as deel van ‘n spreekkoor voor ‘n volgepakte saal solo verse opgesê.

 

Sluit vandag nog by die Brandwag Dramaklub aan en ontsluit jóú potensiaal!

 

Oefentye: Dinsdae 14:30 tot 16:00

Eko-klub

Skakelonderwyser: Mev. L. Niemand

Brandwagters gee om vir die omgewing. Eko-klub bestaan uit sowat 57 lede. Leerders leer meer oor die omgewing en maniere om die planeet te bewaar. Eko-klub gee hulle ook die kans om ‘n verskil te maak.  Die klub vergader tydens skooltyd, na skool en sommige naweke. 

Fotografieklub

Skakelonderwyser: Mev. J. Snyman

Vandag se jongmense het met selfoonkameras grootgeword en het ongelooflike natuurlike kreatiewe vermoëns.

Die Fotografieklub is gewild en het ongeveer 60 lede wat gereeld aan foto-opdragte met verskillende temas deelneem.

Interact

Skakelonderwyser: Mev. N. Smith

Interact is ‘n klub wat die leuse “service above self” uitleef in die skool en die gemeenskap. Interact se doel is om uit te reik na behoeftiges en diegene wat minder bevoorreg is.
Die klub het 52 lede wat getrou elke week hul harte oopmaak vir hul medeleerders.

Koor

Koorleier: Mev. I. Scheepers

Hulp: Me. M. van der Merwe en oudskolier Edgar Olivier

Die koor bestaan uit meer as 40 lede. 

Redenaars

Skakelonderwyser: Mev. A. Pretorius

Brandwag het jaarliks ‘n interne redenaarskompetisie en neem ook deel aan die ATKV-redenaarskompetisies.

Die koor bestaan uit meer as 40 lede. 

Vasvra

Skakelonderwyser: Me. K. Pienaar

Brandwag se vasvraspan is ‘n uitgesoekte groepie van slegs 4 lede. Hulle neem jaarliks in die tweede kwartaal deel aan The Herald Quiz en later in die jaar aan die ATKV se Vlymskerp-vasvra. 

VCSV

Skakelonderwyser: Mev. R. Landman

Brandwag het ‘n aktiewe VSCV-tak wat gereeld kringe hou en dikwels bymekaar kom vir lofprysing en aanbidding. 

Die Band van Grys en Groen

Scroll to Top