Kultuur by Brandwag

Brandwag blink uit op die gebied van kultuur. Leerders het die geleentheid om aan ’n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite deel te neem.  Die skool bied jaarliks ’n kultuuraand aan.

Kultuurhoof: Mev. J. Snyman

ATKV

Tiener Toneel

Skakelonderwyser: Mev. L. Radien

Brandwag se ATKV-tak heet die ATKV Jeugklub Dinamika.

Die Afrikaanse Taal- en  Kultuurvereniging (ATKV). Hier probeer die Afrikaanskultuur aan die lewe hou, deur ons jaarlikse deelname aan die Woorde Open Wêrelde (WOW-Spelkompetisie). Kom wees deel van ons span en vind uit wat meer ons bied.

Boekklub

Skakelonderwyser: Mev. N. Smith

Die boekklub se lidmaadskap is oop aan almal wat wil deelneem aan hierdie jaar se ‘Reading Challenge’.
Die klub se doelwit is om ‘n passie vir lees te kweek.
Boekklub kom elke Donderdag vanaf 14:15 – 15:15 bymekaar in kamer 37 of 38.

 

DBV-klub

Skakelonderwyser: Mev. N. Smith

Die missie van Brandwag se DBV-klub is om dierewelsyn te bevorder deur bewusmaking en bydrae aan diere in nood. Die klub streef daarna om ’n veilige liefdevolle omgewing vir diere te skep deur met die Dierebeskermingsvereniging saam te werk. Lede samel donasies in en doen vrywillige werk vir die DBV. Die klub glo selfs diere vorm deel van die band van grys en groen.

Die klub het ongeveer 48 lede.

Harte vir diere, hande vir hulp!

Drama

Skakelonderwyser: Mev. N. Edwards

Die Dramaklub is bedoel vir ALMAL wat ‘n liefde vir die teater het en graag ‘n kunste- en teater-kultuur by die skool wil skep. Die Dramaklub bied leerders geleentheid om betrokke te wees by verskeie aktiwiteite soos om die teater te besoek asook om werkswinkels en ander teater-verwante aktiwiteite by te woon.
Die “Drama-llamas” is ons akteurs en tegniese span. Hierdie groep oefen weekliks op ‘n Dinsdag om 14:30 tot 16:00.

Eko-klub

Skakelonderwyser: Mev. L. Niemand

Brandwagters gee om vir die omgewing. Eko-klub bestaan uit sowat 57 lede. Leerders leer meer oor die omgewing en maniere om die planeet te bewaar. Eko-klub gee hulle ook die kans om ‘n verskil te maak.  Die klub vergader tydens skooltyd, na skool en sommige naweke. 

Fotografieklub

Skakelonderwyser: Mev. J. Snyman

Vandag se jongmense het met selfoonkameras grootgeword en het ongelooflike natuurlike kreatiewe vermoëns.

Die Fotografieklub is gewild en het ongeveer 60 lede wat gereeld aan foto-opdragte met verskillende temas deelneem.

Interact

Skakelonderwyser: Mev. N. Smith

Interact is ‘n klub wat die leuse “service above self” uitleef in die skool en die gemeenskap. Interact se doel is om uit te reik na behoeftiges en diegene wat minder bevoorreg is.
Die klub het 52 lede wat getrou elke week hul harte oopmaak vir hul medeleerders.

Koor

Koor

Koorleier: Mev. I. Scheepers

Hulp: Me. M. van der Merwe en oudskolier Edgar Olivier

Die koor bestaan uit meer as 40 lede. 

Redenaars

Skakelonderwyser: Me. M. Geyer

Brandwag het jaarliks ‘n interne redenaarskompetisie en neem ook deel aan die ATKV-redenaarskompetisies.

Vasvra

Skakelonderwyser: Me. K. Pienaar

Brandwag se vasvraspan is ‘n uitgesoekte groepie van slegs 4 lede. Hulle neem jaarliks in die tweede kwartaal deel aan “The Herald Quiz” en later in die jaar aan die ATKV se Vlymskerp-vasvra. 

VCSV

Skakelonderwyser: Mev. R. Landman

Brandwag het ‘n aktiewe VSCV-tak wat gereeld kringe hou en dikwels bymekaar kom vir lofprysing en aanbidding. 

Die Band van Grys en Groen

Scroll to Top