Brandwag spog in 2010 weereens met uitstekende matriekuitslae. Die sukses van die klas van 2010 word toegeskryf aan gedissiplineerde onderwysers en leerders. Die wêreldbekersokkertoernooi en die landswye stakings het geen effek op Brandwag se akademiese prestasies gehad nie. Onderwysers en matriekleerders het tydens die laaste week van die wintervakansie skool bygewoon om vir die eindeksamen voor te berei.
- Slaagsyfer van 99,5% (slegs een leerder slaag nie, maar mag `n hereksamen skryf)
- Een leerder (Carina Frank) slaag met 7 onderskeidings
- Altesaam 16 matrieks behaal 3 of meer onderskeidings
- Meer as 90% van matrieks kwalifiseer vir tersiêre studies
- Altesaam 19 leerders behaal `n gemiddeld van 75% of hoër
- Matrieks behaal altesaam 138 vakonderskeidings