Matriekuitslae – 2012

Brandwag se 2012-matrieks lewer ‘n 99,3% slaagsyfer met 160 uit 161 matrieks wat slaag. Altesaam 14 matrieks slaag met A-gemiddeldes en 186 A-vaksimbole word behaal. Leerders behaal A-simbole vir 17 uit die 18 vakke wat die skool aanbied. Musiek, wat slegs een leerder in 2012 gehad het, is die enigste vak waarin niemand ‘n A-simbool behaal nie.

Altesaam 105 matrieks kry toelating tot graadstudies, 49 kry toelating tot diplomastudies en 6 kry toelating tot sertifikaatstudies. Alle 2011-matrieks verkry dus toelating tot verdere studie.

Die volgende A-vaksimbole is behaal:

  • Afrikaans Huistaal – 10
  • English Home Language – 1
  • English First Additional Language – 17
  • Wiskunde – 11
  • Wiskundige Geletterdheid – 18
  • Lewenswetenskappe – 9
  • Fisiese Wetenskap – 4
  • Rekeningkunde – 9
  • Besigheidstudies – 9
  • Geskiedenis – 3
  • Musiek – 0
  • Visuele Kuns – 1
  • Rekenaartoepassingstegnologie – 5
  • Toerisme – 2
  • Ingenieursgrafika en Ontwerp – 5
  • Wiskunde Vraestel 3 – 1
  • Lewensoriëntering – 77

Leave a Reply

Scroll to Top