Brandwag kry kunsgras

Brandwag in het onlangs die skool se nuwe mini-kunsgrasbaan ingehuldig. Dié veeldoelige oppervlak sal vir hokkie, netbal en tennis gebruik kan word. By die inhuldiging het die skoolhoof, Steven Zietsman, die lint geknip en daarna die eerste hou op die baan geslaan. Hy het die bal vir Zianca-Lee Swart, kaptein van die eerste hokkiespan, aangegee wat dit sonder moeite tot in die doelhok geslaan het. Die baan is ook na die skoolhoof vernoem. Nadat die lint gesny en die eerste bal geslaan is, het die eerste tennis-, netbal- en hokkiespanne die toeskouers getrakteer met drie mini-wedstryde van sewe minute elk wat onder spreiligte gespeel is. Die nuwe astro-baan huisves twee tennisbane, ’n netbalbaan en ’n mini-hokkieveld. Tot dusvêr het Brandwag se hokkiespelers geen toegang tot ’n kunsgras-oppervlak vir oefening gehad nie. Die nuwe oppervlak is dus die begin van ’n nuwe era.

’n Grootskaalse opgradering van Brandwag se krieketnette is ook tans aan die gang.

Scroll to Top