Missieverklaring

Brandwag20Missieverklaring1

Ons verbind ons aan die Strewe:

  • Om vaste Christelike beginsels by al die leerlinge vas te lê sodat hulle volle lewenswandel daardeur gerig sal word.
  • Na hoë akademiese standaarde en effektiewe onderrig sodat elke leerling tot sy of haar maksimale vermoë kan ontwikkel.
  • Om by elkeen liefde vir die aanleer van kennis, vaardighede en insig te kweek.
  • Om mans en vroue die wêreld in te stuur wat ´n gebalanseerde lewenswyse aangekweek het sodat hule volwasse, doelgerigte en meelewende landburgers sal wees.
  • Dat alle leerlinge ´n eie realistiese mening sal ontwikkel en dit as sodanig sal uitleef.
  • Na ´n gesonde dissipline wat die goeie orde sal verseker en ook vir elke leerling van opvoedkundige waarde sal wees.
  • Na gesonde leierskapontwikkeling sodat potensiële leiers maksimaal sal ontplooi.
  • Om die diensleweringsmotief by elke leerling vas te lê.
  • Om as onderwyspersoneel op professionele gebied maksimaal te ontwikkel tot voordeel van elke leerling en van skool as geheel.
  • Na ´n gewilligheid by almal om sinvol en positief aan te pas by noodsaaklike veranderinge en vernuwing.
  • Na die betrokkenheid van elke Brandwagter by die skool se aktiwiteite sodat trots op en lojaliteit aan Brandwag sal gedy.
  • Om al die ouers by hulle kinders asook by die skool se aktiwiteite betrokke te kry.
  • Na hartlike samewerking tussen ouers, leerlinge en die gemeenskap.
  • Om ´n atmosfeer van vriendelikheid en welwillendheid onder mekaar te skep.
  • Na die skepping van ´n klimaat van prestasie en van hoë verwagtinge by almal.
  • Na die skepping van ´n gesonde klimaat sodat alle strewes maksimaal bereikbaar sal wees.
  • Om Brandwag al meer ´n “Skool van Voortreflikheid” te maak.

Leave a Reply

Scroll to Top