Oor Brandwag

 

Die Hoërskool Brandwag is ´n Afrikaans-medium hoërskool vir seuns en meisies geleë in Uitenhage.

Brandwag is in die eerste plek ´n akademiese instelling, soos wat uitstekende matriekuitslae jaar na jaar bevestig.

Die skool bied leerders ´n besondere wye vakkeuse.

 

Toegewyde onderrigpersoneel help leerders om na die beste van hul vermoë te presteer in ´n omgewing waar akademie voorkeur geniet.

Brandwag bied ook op sport- en kultuurgebied allerlei geleenthede aan leerders.

´n Groot aantal aktiwiteite gee leerders verskeie opsies vir deelname, prestasie en pret.

Jaarliks lewer Brandwagters uitstekende prestasies op sport- en kultuurgebied, waarvoor Brandwag wyd en syd bekend is.

 

Prestasie is egter nie die enigste maatstaf van sukses vir die skool se buitemuurs nie. Wat leerders in lewenservaring en vreugde in kultuur en sport beleef, is iets wat elke deelnemer na die grootmenswêreld saam neem.

 

Harde werk is die kern van die skool se sukses op soveel gebiede.

Leerders léér by Brandwag wat dit beteken om besig en betrokke te wees. By Brandwag is daar nooit ´n vervelige oomblik nie.

 

Verskeie tradisies leef al oor dekades in die skool voort. Oudleerders sal onder meer interlaeroptogte, koshuisbyname, saalbyeenkomste, big brags en die oorneem van die stoep nog erken soos wat dit tans gedoen word. Die oorlewing van verskeie tradisies het ´n groot aandeel in die gees wat in die skool heers.

 

Dit alles dra by tot ´n onvergeetlike hoërskoolervaring in Brandwag.

 

Leave a Reply

Scroll to Top