Skoollied

Brandwag_Skoollied
In tuindorp van Oos-Kaapland,

waar blomme weeld´rig groei,

Waar eik en jakarandaboom

langs strate lustig bloei;

Waar ossewa uit lang verleë

die weë het gebaan –

Daar het ons Alma Mater skoon;

op Brandwag trots kom staan.

Jou kinders sal jou huldig,

hul trou aan jou verpand,

hul kragte en talente wy

in diens van Volk en Land.

 


Die skoollied is in 1944 aanvaar. Die woorde is geskryf deur mev. Groenewald, vrou van die tweede skoolhoof, mnr. H.J. Groenewald. Die lied is getoonset deur mnr. Reuben du Plessis, een van die oudste personeellede.

Leave a Reply

Scroll to Top