Skip to content
- Fotografieklub is ‘n klub vir alle leerders wat in fotografie belangstel.
- Leerders het geen vooraf kennis oor fotografie of enige toerusting nodig om die klub by te woon nie.
- Die klub vergader formeel slegs een keer per kwartaal in juf. Pienaar se klas, maar leerders is te alle tye welkom om hul eie foto’s vir juf. Pienaar te kom wys of om raad te kom vra oor toerusting ensovoorts.
- Tydens byeenkomste kan leerders leer oor die praktiese aspekte van komposisie, kameraverstellings en toerusting, maar ook die kans kry om te leer oor bekende fotograwe en hul werk.
- Klublede kan foto’s lewer vir die skoolkoerant, webwerf en vir die skool se Facebook-blad.
- Die datums vir klub se byeenkomste verskyn op die skool se kalender.