Jonior Stadsraad

  • Die Junior Stadsraad (JTC) bestaan uit hoërskoolleerders van Uitenhage en Despatch.
  • Die JTC vergader weekliks, gewoonlik by junior burgemeester se skool.
  • Leerders moet deur hul skool genomineer word om eers ´n termyn op die raad se subkomitee te voltooi voordat hulle volwaardige lede kan word.
  • Die JTC-lede stem self vir die bestuur van die raad, insluitend die tesourier, burgemeester en onderburgemeester.
  • Die Junior Stadsraad bied aan leerders die geleentheid om hul leierseienskappe te ontwikkel.
  • JTC-lede samel geld in vir die raad se gemeenskapsprojekte en dien as inspirasie vir die plaaslike jeug om by hul gemeenskap betrokke te raak.
  • Besoeke aan tehuise, sopkombuise en ander gemeenskapsorganisasies vind gereeld plaas, maar JTC-lede rol ook hul moue op in projekte soos ´n karwas vir geldinsameling.
  • ´n Debutantebal word jaarliks deur die JTC gehou.
  • Charl Marais van Brandwag het in die 2009-2010 termyn as onderburgemeester diens gedoen.
  • Brandwag se hoofmeisie Unika Schonken is die junior burgemeester vir die 2011-2012 termyn.
Scroll to Top