MATRIEKUITSLAE 2014
Ons het 183 matriekleerders gehad wat die eksamen afgelê het en 180 het geslaag. Ons slaagsyfer was 98,4 %. Ons het 159 A vaksimbole verwerf wat 33 meer is as 2013 maar ons het ‘n aansienlike groter matriekklas gehad (163 teenoor 183). Tog as mens dit pro rata uitwerk het ons beter gevaar in 2014. Waarop ons besonder trots kan wees is dat 120 leerders Graadtoelating behaal het, 56 het Diplomatoelating verwerf en 4 het toelating tot Sertifikaatstudies gekry. Geen matrikulant se pad hoef dus by Brandwag te eindig nie, elkeen kan iets verder gaan studier.
Ons het 12 A-gemiddeldes gehad.
1. Karla Barnard 7 A’s en 89,8%
2. Nienke van Jaarsveld 6 A’s en 88,2%
3. Emma Hayward 7A’s en 87,5%
4. Anadi Botha 6 A’s en 86,6%
5. Wessel Horak 7A’s en 84,6%
6. Llewellyn J v Rensburg 5 A’s en 84,5%
7. Liani Nel 6A’s en 84,0%
8. Karla Redelinghuis 5 A’s en 83,8%
9. Mia Rens 6A’s en 83,6%
10. Louise van Wyk 5A’s en 81,8%
11. Beane Weyers 4 A’s en 80,1%
12. Marelize Claasen 5 A’s en 80,0%
Nadine van der Mescht behaal ook 5 A’s maar ‘n gemiddeld van 79,3%.
Cleo George, Kelly Dowling en Estée Skein behaal almal 4 A’s.
Landon Koleske, Minette Gouws, Elske Kock, Michelle Saayman, Ruan Strydom en Elmé van der Vyver behaal elk 3 A’s.
Opgesom:
3 leerders behaal 7 A’s
4 leerders behaal 6 A’s
5 leerders behaal 5 A’s
4 leerders behaal elk 4 A’s en 6 leerders behaal elk 3A’s