Hoërskool Brandwag se klas van 2016 het weereens uitnemend presteer en die Uitenhage-distrik se top matrikulant opgelewer.
Die skool se toppresteerder, 2016 hoofseun André Conradie, het 6 A’s behaal en met ’n gemiddeld van 92,5%, is hy die beste presteerder in die Uitenhage-distrik. André was elke jaar dux-leerder van sy graad en was ook medewenner van die Matriek van die Jaar-kompetisie. In dieselfde kompetisie het hy ook die kategorie vir akademie gewen. Hy sit vanjaar sy studies voort in ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch.
Brandwag het 14 A-gemiddeldes opgelewer, met ’n 15de leerder wat dié prestasie met slegs 1 punt misloop. Die 14 top kandidate, benewens André, is Eliska Büchner (88,6% en 7 A’s), Cuyler Janse van Vuuren (86% en 5 A’s), Miencke Jonker (85,2% en 6 A’s), Kristen Strydom (85,1% en 7 A’s), Marike Marais (85,1% en 6 A’s), Megan Douglas (85,1% en 6 A’s), Sharezaan Zeelie 83% en 6 A’s), Johlene van Eyk (82,7% en 5 A’s), Elmé de Jager 82,5% en 4 A’s) Carla Visage (82,5% en 5 A’s), Carol Drake (81,3% en 5 A’s), Roxzann Thomas (81%,3 en 5 A’s) en Caitlin Tamboer (80,8% 6 A’s).
Die 2016 matrieks het 161 A-vaksimbole opgelewer waarvan onder meer 15 vir Wiskunde en 15 vir Wiskundige Geletterdheid, 14 vir Engels, 12 vir Afrikaans, 11 vir Lewenswetenskap en 8 vir Rekeningkunde was.
Altesaam 64,3% van die matrieks kwalifiseer vir graadstudie en 33,7% vir diplomastudie.