Die 2019-matriekklas het ’n slaagsyfer van 98% behaal en 69,5% van die matrieks het toelating tot graadstudie verkry. Die matrieks het altesaam 135 onderskeidings opgestapel. Vakke wat uitgeblink het, was, onder meer, Engels eerste addisionele taal (18 onderskeidings) en Afrikaans huistaal (10 onderskeidings). Brandwag se Dux-leerling van 2019 Jason Rudman het die beste prestasie van al die matrieks behaal met ’n gemiddeld van 88,8% en sewe onderskeidings. Kort op sy hakke was Megan Moore met ses onderskeidings en ’n gemiddeld van 86,7%. Brendan Grassow het 81,7% en vier onderskeidings behaal. Zelvoné Swanepoel het ook ses onderskeidings behaal. Monique Marais het vyf behaal en Dean Truter en Megan Tait het elk vier onderskeidings behaal. Adenay Janse van Vuuren en Ryben Dupont het elk drie behaal. Mariska Rossouw het twee onderskeidings behaal.